Kabeljou Vakansiewoonstel: Selfsorg vakansieverblyf
te Witsand, Wes-Kaap, Suid-Afrika

Skip to content

Besprekings:

Grace & Gerrie Grobler
Sel: +27 83 378 9503
Email: info@kabeljou.co.za

Tariewe:

Hoogseisoen - R1800

Paasnaweek & 15 Desember tot 10 Januarie.
Minimum bespreking van 10 dae.

Buiteseisoen - R1200

Res van die jaar.
Minimum bespreking van 2 dae.

Bepalings & Voorwaardes:

  • Pryse is vir die hele huis; 10 beddens
  • 50% deposito betaalbaar om bespreking te bevestig
  • Uitstaande balans betaalbaar 7 dae voor aankoms (30 dae voor aankoms vir hoogseisoen besprekings)
  • Afslag onderhandelbaar vir besprekings van 7 dae of langer.
  • Vir besprekings gedurende die stil wintermaande, of vir klein groepe (minder as 4 mense) - skakel gerus vir 'n persoonlike kwotasie.

Kansellasie beleid:

Hoogseisoen:

  • 50% van deposito terugbetaalbaar 30 dae voor aankoms
  • 25% van deposito terugbetaalbaar 2 weke voor aankoms
  • Geen terugbetaling met kansellasie minder as 2 weke voor aankoms
  • Balans (betaalbaar 30 dae voor aankoms) is nie-terugbetaalbaar

Buiteseisoen:

  • Volle terugbetaling indien kansellasie meer as 7 dae voor aankoms
  • Pro rata terugbetaling met kansellasie tussen 7 en 5 dae voor aankoms
  • Geen terugbetaling met kansellasie minder as 2 dae voor aankoms

Other Accommodation:

Ons het ook akkommodasie in Diasstraat, te wete twee eenhede wat elk tussen 5 en 6 persone kan huisves. Vir meer inligting, email ons of skakel ons by +27 83 378 9503.

Dias Straat Woonstelle Eksterieur Dias Kamer Uitsig van Dias Straat af

Kaart & Roete Aanwysings:

Wag asseblief geduldig terwyl die kaart laai. Die geel merker dui Woonstelle Diasstraat aan. Die bruin merker dui Oloitokitok aan. Zoom in om 'n meer gedetailleerde aansig te kry. Kliek hier vir 'n vergroting van die kaart.

Indien die merkers nie wys nie, probeer 'n ander web 'browser' of kliek vir die vergroting en tik "Woonstelle Diasstraat, Witsand" in die soekveld.

ROETE AANWYSINGS :

Rademanstraat 26, Witsand

  • Vanaf Mosselbaai of Kaapstad op die N2, neem R322 afdraai na Witsand vanaf die N2, 5km van Heidelberg aan die Swellendam kant.
  • 30 km tot by 4-rigtingstop, Sands winkelsentrum aan jou regterkant, draai links.
  • By die eerste 4-rigtingstop, draai regs in Joubertstraat.
  • Neem die tweede straat na links. Rademenstraat, arriveer by nr 26 aan jou regterkant.

Oloitokitok:

"Oloitokitok" is 'n ruim vakansiewoning in die veilige en rustige kusdorpie van Witsand - 'n juweeltjie op Suid-Afrika se beroemde Tuinroete. Veral bekend as die plek waar dosyne walvisse elke winter kom kalf, is Witsand boonop reg langs die Breede Rivier mond geleë - wyd bekend gedurende die somermaande as vissermanshemel (kabeljou, grunter en leervis veral), sowel as 'n perfekte naweekbestemming onder die "kite-surfers". As hierdie opsies egter te aktief na jou smaak is, het Witsand kilometers en kilometers van pragtige voetslaanpaadjies deur die plaaslike fynbos, sowel as 'n paar oulike restaurante.

Die vakansiehuis is in 'n stil straat, binne stapafstand van die rivier, of 'n gemaklike stappie van minder as 2km tot by Witsand se bekende blou-vlag strand. Dit is 'n dubbelverdieping-woning met 'n groot grasperk en tuin, 'n muur rondom, en 'n goeie braaiplek vir die somer-aande.

Die grondvloer het 2 slaapkamers, elk met 2 enkelbeddens, en 'n gedeelde badkamer met bad.

Binnetrappe neem u na die boonste verdieping, met 'n ruim oopplan woonkamer / leefarea / eetkamer / kombuis. Die kombuis is volledig toegerus, met oond, mikrogolf, ys/vrieskas, ketel en basiese toebehore. Daar is 'n addisionele gas-plaat vir die dae wat Eskom wil vermakerig raak. Hierdie vertrek loop uit op 'n balkon, waarvan af jy die see en rivier kan sien.

Verder is daar op die boonste verdieping 'n ruim hoofslaapkamer, met dubbelbed, 'n kamer met twee enkelbeddens en ’n deurloopkamer met twee enkelbeddens, asook 'n badkamer met 'n stort en bad. Die hoofslaapkamer het sy eie balkon, met pragtige uitsig oor plase, canola-lande en die Langeberg in die verte. Die hele boonste verdieping is in 2018 oorgedoen.

Ons het ook ander akkommodasie: Sien Dias Woonstelle

Opmerkings:

  • Geen handdoeke word voorsien nie. Bring asb u eie.
  • Hou in gedagte dat hierdie huis trappe en oop balkonne het. Kinders is welkom, maar toegang is op u eie risiko. Wees veral versigtig by die hoofslaapkamer se privaat balkon - dis oop, en kinders moet mooi dopgehou word. Die eienaar aanvaar geen verantwoordelik vir iemand wat by die trappe of balkonne afkletter nie.
  • Geen wasmasjien nie. Daar is 'n Wassery naby.
  • Rook verbode
  • Troeteldiere nie toegelaat nie
  • Die huis is in 'n stil residensiële woonbuurt. Geen luidrugtige partytjies nie
  • Aankomstyd 12h00 - 20h00
  • Vertrektyd teen 10h00

Geriewe:

  • Bedlinne, seep & toiletpapier
  • Warm water
  • Geskikte werkoppervlak / tafel vir skootrekenaar
  • TV, bring eie DSTV dekodeerder en kaart
  • Gratis parkering op die perseel en op straat
  • Toegeruste kombuis
  • Potte, panne, borde, eetgerei
  • Mikrogolfoond
  • Stoof / oond
  • Ys- /vrieskas
  • Buiteruimte / tuin
  • Buite braaiplek
  • Balkon

Nie voorsien:

  • Lugversorging
  • Verwarmers
  • Wasmasjien
  • Haardroer & shampoo
  • Wireless Internet

Witsand is ongeveer 3 en 'n half uur se ry vanaf Kaapstad en 2 uur vanaf George - 'n lekker oorblypunt op jou Tuinroete toer. Maar as jy Witsand regtig wil geniet, bly langer, sommer heelwat langer...

As watersport of hengel jou passie is, dan is hierdie die plek vir jou. Witsand is geleë waar die Breederivier in die Indiese oseaan uitmond. Dis die grootste getyrivier in Suid-Afrika. En verskaf wonderlike geleenthede vir veilige swem en hengel - 14 km strand met rotspoele, waar gestap en gespeel kan word.

'n Visserman besig om te hengel op Witsand se strande

Activities in Witsand:

Hengel

  • Witsand is bekend as een van Suid-Afrika se beste hengel bestemmings.
  • Die Breederivier mond is beroemd vir sy reuse kabeljoue. Getyvloei strek 40 km stroomop en dra 'n ryke verskeidenheid vis- en voëllewe.
  • Rots en strand hengel is goed by Witsand. Kabeljou, Galjoen, Belman, Elf, Leervis, en haaie word veral gevang.
  • Diepsee uitstappies kan maklik gereël word as jy graag Haai, Kabeljou, Geelbek, Stompneus, Roman of Rooisteenbras wil vang.

Kyk na Walvisse

  • Suidelike noordkapers is volop in San Sebastianbaai. Hoogseisoen vir walvisse is Junie tot Oktober. Dis ook die tyd wanneer hierdie gebied op sy mooiste is.

Water Sport

  • Is jy 'n seilplankryer, seiljagmens, snorkel jy of hou jy van waterski? Kom doen dit hier of hier naby.
  • Wonderlike swemstrand. Waterponies is verbode en voertuie word nie op die strand toegelaat nie.
  • Die wind is dikwels perfek vir 'kite surfing'.

Voëlkyk

  • Witsand het 'n aktiewe Voëlklub. 'n Groot verskeidenheid voëlsoorte, o.a. reiers, eende, waadvoëls, arende, valke, tobies, visvangers, skoorsteenveërs, word gereeld gesien. Blou kraanvoëls is volop in hierdie area, om nie eens te praat van volstruise nie. En dan is daar nog al die kleiner soorte wat baljaar in die fynbos.

Rus en Vrede

  • Witsand is ver weg van die gewoel van mense. 'n Mens kan kilometers ver op die strand stap, absoluut veilig. Misdaad is iets wat ons nie ken nie.
  • Die area bied wonderlike natuurskoon, veral in die winter en lente, wanneer die wêreld grasgroen en goudgeel is (van die graan en canola). Maar somer het sy bekoring, dis gemaklik warm en heerlik om buite te wees.
  • Daar is 'n netwerk voetpaadjies dwarsdeur die dorp en verskeie langer voetslaan- asook 4X4 roetes in die area.
  • Gaan ry bietjie rond in die fraai historiese dorpies Vermaaklikheid, Puntjie, Waenhuiskrans, Malgas en veral De Hoop Natuurreservaat - alles net om die draai.

Witsand het 'n landmerk vir reisigers en hengelaars geword en ons sien daarna uit om julle hier te verwelkom, Sommer gou!

Kabeljou Vakansiewoonstel l Tel: 028 537 1575 l Sel: 083 378 9503 l Email: info@kabeljou.co.za ^ Bo ^